Business - Nuus

Dit Gaan Nie Net Oor Boere Nie Maar Oor Misdaad

Die beplande optogte teen die moorde op boere gaan nie net oor die boere self nie maar oor die misdaad wat hooggety vier.

Misdaad, of dit nou moord, verkragting of slegs "diefstal" of korrupsie is, raak een en elke Suid Afrikaner in ons land op talle verskillende gebiede maar 'n baie belangrikste punt wat misgekyk word is nie so ooglopend nie want daar is meer as genoeg ander belangrike punte.

Die punt wat ek hiermee wil tuisbring is dat die ongetemde misdaad jou as mens direk raak, jou integriteit, jou waardes, jou geloof en alles wat jou as goeie mens defineer want soos in die aangehegte prent floreer misdaad omdat jy, jy jy en elke goeie mens, niks doen nie en is dit soos wat die Bybel self sê,

Die wat nie vir my is nie, is teen my of anders gestel in 'n vraag. Is jy vir misdaad of teen misdaad?

Sekerlik teen misdaad ja maar as jy 'n goeie mens is, nou hoekom laat jy toe dat misdaad floreer deur niks te doen nie?

Erger nog is daar talle wat nie net niks doen nie, maar in werklikheid teen die staan wat wel iets wil doen, teen die goeies onder ons wat nie langer kan insien hoe misdaad floreer nie en bereid is om iets te doen.

Maak dit werklik soveel saak WAT die goeie wil doen om die misdaad, geweld en moord in ons land te probeer stop of is dit so erg dat jy jou eerder skaar by die bose as die goeie? Verkeer ontwrig is miskien nie ideaal nie maar wragtig, kyk diep in jou hart en siel en vra jouself af wat jy sou verkies? A) Verkeer ontwrig vir 'n goeie doel of B) een van die miljoene misdaad slagoffers word. (ja miljoene, kyk maar na die misdaad statistieke)

Nee wragtig, ekself kan nie daar wees nie want ek is te ver maar dat selfs 'n groep nie-blanke SUID AFRIKANERS 'n optog gehou het teen vermoorde plaasboere en misdaad terwyl sosiale netwerke gons soos mense beswaar maak dat hulle verontrief gaan word is 'n bietjie te dik vir 'n sent (sorry my daalder is gesteel).

Hierdie pos is ten minste my bydrae want al spoor dit net een persoon aan om deel te neem, al keer dit net een persoon om sy selfsugtige eie ek opsy te skuif dan is dit alreeeds darem iets.

Bid? nope nee, dit werk nie want God is in die mens, werk deur die mens waar twee of meer in sy naam vergader en geloof sonder die daad is nutteloos.

Author

Frank Coetzee

Frank Coetzee

SA Internet News Group Cc

As developer and owner of this group I want to share some "secrets" with you so read it very carefully.. \r\n\r\nThe first little "secret" is that

Follow Me:

Comments