Woman - Algemeen

E-pos As Bemarkingstrategie

Daar is geen beter manier om responsiewe kontak met potensiele kliente op te bou as deur die werksesel van die internet nie, jou epos lys.

Epos verskaf die mees direkte lyn van kommunikasie om potensiele kliente te omskep in betaalde kliente en geen bemarker wat sy sout werd is het enige intensies om epos bemarking op te gee nie.

Wat maak epos bemarking so effektief?

•• Epos bemarking is steeds die laagste koste metode van effektiewe bemarking
•• Epos is persoonlik, in jou besit en nie flietend en beperkend soos sosiale media nie
•• Deur deurlopend waardevolle inligting te verskaf bou jy lojale intekenare
•• Lojale intekenare help jou bou deur verwysings en mondelingse aanbevelings
•• Direkte kontak beteken beter en groter omskakeling wat jou baie meer baat

Jy is sekerlik vertroud met epos wat jou tyd mors, inligting wat jy nie soek nie en plainweg spam en dit werk nie.

Wat werk is 'n "waarde uitruiling" - Jou waardevolle inligting vir die leser se waardevolle tyd.

Goeie epos bemarking verdiep jou verhouding met jou voornemende kliente.

Jou voornemende klient is iemand wat die legendariese kopieskrywer Robert Collier noem "The man on the speeding train".

Ons almal sien soms iets wat ons belangstelling prikkel deur die venster van die sosiale landskap maar ons kyk nie vir lank nie want 'n nuwe ding is alreeds in ons aandagsveld.

Belangstelling alleen kry jou nerens nie en epos kommunikasie is dus die effektiefste en doeltreffendste manier om 'n waardevolle intekenaar lys te bou wat die eerste sowel as 1 miljoenste een deur al die stappe te vat wat nodig is vir suksesvole omskakeling as klient.

Verkoop Jouself

Dit is die eerste stap om 'n suksesvolle epos lys op te bou. Iemand wat 'n deskundige is in sy veld of bloot baie ondervinding of kennis beskik word as betroubaar beskou. As epos skepper is dit jou werk om voldoende waardevolle inhoud te verskaf sodat jy die deskundige in jou veld word waarvan mense hou en jou epos en inligting deel. "Killer content" bou jou geloofwaardigheid oor tyd.

Swaai van emosies

Dit word dikwels vermag met metafore, storie vertelling of om sterk emosies te ontlok. Wanneer jou lesers se emosies geswaai word deur jou woorde is hulle meer gewillig om die kommunikasie te verdiep om jou dienste, raad of aanbevelings te volg. Dit op die beurt bied jou die vrymoedigheid om meer waardevolle inligting te verskaf en meer dienste of produkte aan te bied wat hulle lewe kan verbeter op een of ander manier.

Kom ons kyk na 'n paar suksesvolle epos publiseerders om jou 'n idee te gee waarna jy kan streef.

Thrillist

Dit is 'n gratis daaglikse epos lys wat gebruik maak van 'n mengsel van "content" en verkope om die lyn van tradisionele media te oorskry. Hulle skep 'n persoonlike verhouding met hulle lesers deur hulle op hoogte te hou van "cool stuff" wat niemand behoort mis te loop nie. Thrillist met sowat 20 werknemers verdien meer as $50 million per jaar net uit hulle epos lys.

Hulle innovatiewe benadering met gereelde daaglikse inhoud werk blykbaar heel goed vir hulle.

DailyWorth

Dit is 'n daaglikse finansiele epos nuusbrief wat op vrouens gerig is met "spaar meer en spandeer slimmer" fokus en is een van Forbes se top 100 webwerwe vir dames. Dit het meer as $3 miljoen in beleggersgeld gekry en die stigter se ""E-newsletters are a great business because they follow proven, highly-scalable models, which make it easy to focus."

Daily Candy

Hulle bied 'n "Stylesavvy" e-pos diens aan vir jong dames vanaf die jaar 2000 en gedurende 2008 het Comcast hulle uitgekoop teen $125 000 000 asgevolg van die bemarkingskrag van hulle 2.5 million intekenare.

Wat het al bogemelde suksestories in gemeen?

Waardevolle inligting vir die leser se waardevolle tyd

Met sosiale media, webwerwe, blogs en so aan is dit wel moontlik om ook baie en waardevolle inligting te verskaf maar hoeveel mense LEES selfs net 'n gedeelte daarvan in vandag se gejaagde lewe en gaan weer en weer terug?

Met epos is die geweldige voordeel dat inhoud in die leser se eie tyd en op sy eie gemak gelees kan word en daar deurlopend en herhalend aan die vertrouensverhouding gebou kan word.

Gratis "Email Autoresponder"

Enige mens en veral iemand wat die kwaliteite het om 'n besigheidseienaar te wees, beskik oor tonne waardevolle inligting oor sy besigheidsveld, industrie, stokperdjie en belangstellings wat gebruik kan word om 'n waardevolle epos lys op te bou en ek het dus die afgelope paar dae spandeer om 'n "email autoresponder" te bou en in 'n sentrale beheerpaneel te integreer.

'n Hele bemarkingsgroep met verskeie geintegreerde stelsels vir jou persoonlike gebruik is beskikbaar.

http://www.saweb.info

Source: http://www.saweb.info/152/e-pos-as-bemarkingstrategie.html

Author

Editor

Editor

SA Internet News Group Cc

General editor profile to post articles and other content on the system with precise the same control panel as that our clients have access to

Follow Me:

Comments